So kry ek toe laasweek ‘n email van Discovery Vitality wat my inlig dat ek voor 31/03/2011 die gym 20 keer moet besoek as ek nie my afslag tarief wil verbeur nie.
Sug.
Ek hou nie eens van gym nie. En ek het my rug twee naweke terug seergemaak. En hoe het ek my rug seergemaak? Deur ‘n klein bakkie lasagne uit die oond te haal. Klieks, en uit is my rug.
Nouja. Sederd ek die email gekry het was ek darem al drie maal daar. Help my duim vas hou date k so kan volhou.
En, oja, ek het al 50g verloor!
0 Responses to “Van gym en dit…”