Raaisel…

Sonder om dit te Google, wie kan uit sy kop uit vir my sê wat is of waar kry mens die “Superior Olive” en die “Motor Strip”?

Soos meeste van julle weet, is ek besig om te swot vir my eksamen in Januarie, en ek het gedink dit sal ‘n lekker raaisel wees…

Die wenner kry ‘n stywe handdruk en ‘n soen op die wang (miskien dalk ‘n boksie tuisgebakte kersfees koekies ook, as jy naby genoeg aan my woon).

9 Responses to “Raaisel…”


  1. 1 platterfuss 11 December , 2007 at 10:59 vm

    En…. as ek prontuit sonder om te lieg erken ek het nie ‘n idee nie?

    Superior Olive? Die VETSTE olyf innie botteltjie??

    Motor strip? Die chop shop onder in die straat?

  2. 2 Adam 11 December , 2007 at 15:41 nm

    PF, ‘n baie heldhaftige poging, maar… nee. Jammer. Ek is trots op jou dat jy ten minste probeer het. Die ander is te slapgat sien ek… As daar genoeg verkeerde antwoorde was, sal ek die antwoord openbaar maak.

  3. 3 sonkind 11 December , 2007 at 19:43 nm

    Superior Olive – was sy Popeye se ander helfte?

    Motor strip – Daar waar hulle dices ry in die nag, as die speedcops nie kyk nie?

    Ek HET darem probeer, Adam! :-)

  4. 4 Adam 12 December , 2007 at 9:01 vm

    Okay, okay. Ek sal dit vir julle bietjie makliker maak… Hier is ‘n hint: dis in die menslike liggaam…

  5. 5 sonkind 12 December , 2007 at 9:15 vm

    Superior Olive – die G-spot?

    Motor Strip – jou hoofslagaar?

  6. 7 PhillipaFischer 13 December , 2007 at 2:01 vm

    :lol: @ Sonkind oor die G-spot! Ek het myself nou in ‘n spasma in gelag, Kinna.
    Adam, ek gaan nie eers probeer nie, Broere – alhoewel ek Superior Olive moontlik sou kon soek by party mense tussen hulle ore en dalk by ander aansienlik laer af, maar dan moes daar vir daai eintlik seker twee gewees het? hehe :twisted:

    Ernstiger – suiwer raaiskoot hierdie, maar ekke dink nogal die “motor strip” moet iewers in die brein geleë wees, ja. “Motor” = motories en motories wil iets iewers herinner aan beweging, ja? So, dit moet seker ‘n gedeelte in die brein wees wat die “beheerkamer” van motoriese beweging is – wat noem ‘n mens nou weer daai outjies wat die boodskappe dra … senuwees / neurone of so iets? In elk geval, ek dink dis die motor strip wat die boodskappe uitsaai/ontvang vir my vingers om hierdie pot snolle te tik – vergewe my totale onkunde, maar ek het nou so lekker gegorrel soos ek jare laas in ‘n eksamenvraestel gedoen het!
    PF
    NS – Adam, my verskoning dat ek nog nie verder gesels het oor ons vorige gesprek nie – ek wil so graag; met ^ss^ en ek wat ouerparade moet gaan staan vir die res van die jaar, gaan dit net rof hierdie week en ek wil sommer lekker gesels met jou oor die sienery. Ek dink volgende week sal rustiger gaan. Dankie dat ons kon gesels sover.

  7. 8 Gert 3 Januarie , 2008 at 12:49 nm

    Het geen idee nie. Ek weet dit is nie waar dit klink dit kan wees nie.
    Maar nou weet ek want ek moes my self inlig oor die twee dinge
    En nou voel ek beter ingelig oor die inligting wat ek bekom het

    Dis innie ore nê?

  8. 9 sterfling 14 Maart , 2008 at 18:12 nm

    Wil jy nou meer? Blou oog ken ook nie die antwoord nie?

    Jy het my nou nuuskierig.


Leave a Reply