Onthou julle nog hierdie rubriek van my (op my vorige blog)? Ek het eintlik laasweek al besef dat ek dit mis en graag weer wil laat herleef.
Wat ek die naweek van 24 November geleer het:
- Dat tussen die Hervormde kerk en die NG kerk op Groot-Marico daar ‘n hele esoteriese beweging is waarvan hul heel waarskynlik glad nie weet nie.
- Op Groot-Marico word mens slegs as ‘n moffie geklassifiseer as jy ‘n hondjie in jou arm dra, of bier in plaas van mampoer drink. (Hierdie gewaarwording sal sleg op aanvraag verduidelik word).
- As mens nie baie dagga het nie, is dagga-muffins bloot in staat om jou baie te laat ontspan en geweldig te laat filosofeer.
- As mens nie ‘n muffin pan het nie, en jy maak een groot muffin in ‘n keramiek bak in ‘n gas stoof gaar, neem dit ongeveer twee ure voor die muffin gaar is.
- Moenie ou gas stowe se termostaat skakelaar trust nie.
Wat ek die afgelope naweek geleer het:
- Daar bestaan wel Christene wat ‘n ingeligte gesprek oor ander gelowe kan voer sonder om hul eie in jou keel af te forseer.
- Ek moet meer gereeld na my intuïsie luister.
- Dis goed om vriende te hê. Ek hou van vriende.
Soos julle seker kan aflei was die vorige naweek baie meer eventful as die afgelope een. Die afgelope een was geweldig besig, maar het nie veel lesse ingehou nie…
Wederom…
Eerste keer dat ek jou blog lees, baie insiggewend. Sal weer inloer.
Wat is dit met die mense van Groot-Marico en hulle mampoer? Ek dring daarop aan dat jy jou gewaarwording verduidelik
ek laaik ook vrinne…so gepraat van - wanneer jaag ons weer ‘n koffie deur die kop?
ek wou nog altyd ‘n dagga muffin geëet het. ek het net een keer in my lewe dagga gerook en het toe ‘n hele blok kaas opgeëet en besluit dagga rook sal nie bevorderlik wees vir my figuur nie
Dagga vetkoeke is blykbaar die beste - veral as ek hulle bak.
Maar ek het nog nooit die guts gehad om dit self te eet nie! So ek vat maar die woord van die wat het.
Imagine ‘n 2-uur-lank-gaargeworde-dagga-muffin. Ek dink jy gan filosofie re-invent… En baie katpraat.
Dagga muffins nie lekker nie…. CHOCOLATE BROWNIES!!!!!
Jy maak my dag…. ekke gaan volgende keer saam G-M toe… veral aangesien ek fadamily daar het!!!
Het ALMAL dan familie op Groot-Marico?!
Seker net die ‘oulikes’??? (Frok, ek het ‘kak’ family daar!)
Ding hettie familie op Groot-Marico nie. Waarvoor kwalifiseer ding dan?
Op Groot-Marico word mens slegs as ‘n moffie geklassifiseer as jy ‘n hondjie in jou arm dra, of bier in plaas van mampoer drink. (Hierdie gewaarwording sal sleg op aanvraag verduidelik word).- hierdie is my aanvraag op ‘n verduideliking. Ek doen nie een van die twee nie.