Archive for December, 2007

Nou’t ek darem lekker gelag…

chced.jpg

Raaisel…

Sonder om dit te Google, wie kan uit sy kop uit vir my sê wat is of waar kry mens die “Superior Olive” en die “Motor Strip”?

Soos meeste van julle weet, is ek besig om te swot vir my eksamen in Januarie, en ek het gedink dit sal ‘n lekker raaisel wees…

Die wenner kry ‘n stywe handdruk en ‘n soen op die wang (miskien dalk ‘n boksie tuisgebakte kersfees koekies ook, as jy naby genoeg aan my woon).

Wat ek die naweek geleer het…

Onthou julle nog hierdie rubriek van my (op my vorige blog)? Ek het eintlik laasweek al besef dat ek dit mis en graag weer wil laat herleef.

Wat ek die naweek van 24 November geleer het:

  • Dat tussen die Hervormde kerk en die NG kerk op Groot-Marico daar ‘n hele esoteriese beweging is waarvan hul heel waarskynlik glad nie weet nie.
  • Op Groot-Marico word mens slegs as ‘n moffie geklassifiseer  as jy ‘n hondjie in jou arm dra, of bier in plaas van mampoer drink. (Hierdie gewaarwording sal sleg op aanvraag verduidelik word).
  • As mens nie baie dagga het nie, is dagga-muffins bloot in staat om jou baie te laat ontspan en geweldig te laat filosofeer.
  • As mens nie ‘n muffin pan het nie, en jy maak een groot muffin in ‘n keramiek bak in ‘n gas stoof gaar, neem dit ongeveer twee ure voor die muffin gaar is.
  • Moenie ou gas stowe se termostaat skakelaar trust nie.

Wat ek die afgelope naweek geleer het:

  • Daar bestaan wel Christene wat ‘n ingeligte gesprek oor ander gelowe kan voer sonder om hul eie in jou keel af te forseer.
  • Ek moet meer gereeld na my intuïsie luister.
  • Dis goed om vriende te hê. Ek hou van vriende.

Soos julle seker kan aflei was die vorige naweek baie meer eventful as die afgelope een. Die afgelope een was geweldig besig, maar het nie veel lesse ingehou nie…

Wederom…