Anja het my eerste getag, en Sonkind tweede.
Ek het al soveel van hierdie tipe goeters gedoen dat ek mooi sal moet dink om myself nie te herhaal nie. Hier is dit:
- Ek en my geliefde het mekaar 3 maande geken voor ons begin uitgaan het. Ek het my hart verloor een aand met ‘n bak sop in my een hand en ‘n glasie sjerrie in die ander, rondom ‘n game van Thirty Seconds. Ons het mekaar eers drie maande daarna vir die eerste keer kaal gesien. (Ek hou daarvan om stereotipes te challenge. Hierdie een val onder die “gay = promisku” kategorie). Ons is hierdie maand 5 en ‘n half jaar saam.
- Ek beskou myself huidiglik as ‘n New-Age-Buddhis-wat-van-Christus-hou (maar-nie-van-sy-volgelinge-nie). Ek werk aan ‘n korter beskrywing. Ek hou nie van georganiseerde religion nie. Ek het in ‘n Hervormde huis grootgeword. Nog erger, ek het die eerste vyf jaar van my lewe in ‘n Hervormde pastorie deurgebring. My oupa het omtrent helfte van vandag se Hervormde predikante (waarvan meeste al afgetree is - my oupa is 94) onderrig in die gelowe van die wêreld.
- Daar word gereeld vir my gesê ek het ‘n sagte stem, en ‘n goeie telefoon persoonlikheid.
- Daar word gereeld vir my gesê hoe baie ek na my pa lyk, en hoe baie ek mense aan hom herinner. Blykbaar is ons mannerismes ook dieselfde. Anderdag het ‘n tannie vir my gesê ek lag soos hy. Dis vir my vreemd, aangesien ek hom glad nie kan onthou nie.
- Hierdie is my lewensnommer volgens numerologie.
- Ek het op ‘n stadium 5 piercings gehad. Toe net een. Toe niks. Toe weer twee. Toe vir ‘n paar uur drie. Toe weer twee. En nou weer niks. Ek het die meeste van die een in my wenkbrou gehou.
- My familie noem my AJ. My vriende noem my Adam. Ek het in standerd 2 besluit dat ek verder as Adam bekend gaan staan. Die familie kon in die laaste 20 jaar nog nie daarby aanpas nie.
- Ek korrigeer mense se taalgebruik terwyl hulle praat.
Ek hoop julle het dit baie insiggewend gevind.
Die persoon wat eerste vir my die aanvaarbaarste Afrikaanse woord kan gee wen ‘n soen en ‘n druk.
Ge-lissie?
Ek hou ook die meeste van my wenkbrou piercing en al sê wie ook wat, het ek besluit dit bly! Ek het dit nou al 6 jaar.
Ek korrigeer nie net ander mense se taalgebruik nie, ek doen sommer dit met hulle spelling ook. Verkeerde spelling maak my tande stomp!
hehe, hierdie meme is besig om vinniger as maagwerkings in donker afrika te versprei.
OK! Wat’s ‘aanvaarbaar’?
Ongefokkenlooflik? Of ‘n ‘geleerde’ ene??
*mental note* Kry resep somewhere om nie meer skittery-bang te wees vir ‘piercings’ nie….
Ek hou van jou naam.
Baie dankie vir die tag. Ek het geskryf!
Wat van: “Jy is geteiken” of “Jy is gemerk”? Nie kreatief nie, maar min of meer akkuraat. Ek wou nog altyd ‘n silwer dingetjie bo aan my oor aanbring. Miskien het die tyd aangebreek om dit te doen voor ek te oud is vir die tipe ding…
Son - ek mis hom ja. my geliefde hou nie van my met goeters deur my ore neus of wenkbroue nie. ek wil ook ‘n tattoe hê, maar hy weier volstrek.
Johan - inderdaad.
PlatterFuss - ek verstaan nie jou middelste sin nie. piercings is gladnie seer in mens se ore nie. dis die ander spul wat erg is.
Phillipa - Dankie. Ek wil nog steeds met jou gesels.
Carrie - dankie. ek gaan nou op joune comment.
EOH - Wat is touchers in Afrikaans? Kom op dieselfde neer. ‘Rakertjie’ het nog nooit vir my gewerk nie. Ek moet jou waarsku, die silwer dingetjie bo in ‘n mens se oor is nogal seer, aangesien dit deur die kraakbeen moet gaan. Ek kon vir drie weke nie op my regtersy slaap nie. Dit was wel moer sexy. Die een deur my wenkbrou was moer seer om deur te steek, maar daarna glad nie.
Die persoon wat eerste vir my die aanvaarbaarste Afrikaanse woord kan gee wen ‘n soen en ‘n druk. Jou ‘deel’! My ‘contribution’: Ongefokkenlooflik? Of ‘n ‘geleerde’ ene?? (Geleerde woord kan ’supply’ word ‘op request’!)
Eish, my taal laat my in die steek vandag….
Wat die piercings betref……… het my pals amper 6 maande gevat om my te convince om my ORE te laat begat!!! So… ek’s obviously banggat vir gate! (En naalde)!!!
Hey da! Ek besef noueers dat jy my ook getag het…Skoorbloki het dit aanvanklik gedoen en ek het aanvaar dat jou comment oor die ge-taggery ‘n reminder was dat ek iets moet skryf…skies man…nouja, ek het toe maar die addiksie volstaan en die 8 dinge gaan skryf (soos jy dalk al gesien het). Beste
Hey Adam
Jy moet slegs worry as mense jou begin vertel jy’t ‘n gesig vir radio! Goeie telefoon persoonlikheid? Hoe klink dit?
Ek het ook nog my wenkbrou piercing - en my neus. Maar die tongstud het ek woedend uitgepluk (okay, die balletjie losgedraai en dit uitgetrek…
toe ek dit vir die soveelste maal raakbyt. Ek dink daai R190 wat dit my gekos het om in te kry, kort voor krismis, so ‘n paar jaar terug (ek het ef ol gehad vir ete op kersdag, die tong was te eina!) gaan nog terugkom en my haunt - ek mag dalk skade aan die gebit aangerig het met die helse harde bytery op die balletjies.
As dit nie daarvoor was nie, sou ek dit vir altyd en altyd ingehou het - dit is fab.
En my bellybutton piercing sit nog. All in all, het ek 7 gaatjies waar silwer blink kan vertoon.