Ek bly net waar ek is (vir nou)…

Julle het seker gedink ek is reeds oorsee, aangesien ek so min post. Man, dinge staan so…

Ek gaan vir eers nie oorsee nie. Ek bly net hier. Dis nogal amazing hoe die universe werk. Dinge wou net nie in plek val met die hele Thailand storie nie. Ek het ongelukkig reeds bedank, en my baas was reeds besig om haar dinge vir volgende jaar te reël, so my angsvlakke het bietjie begin styg. Ek had tot die 15e November om te besluit waar ek gaan, aangesien die 15e die afsny datum was vir die verandering van mens se eksamensentrum. Ek besluit toe om liewer te bly en my eksamen klaar te maak. As ek my graad kry stoot dit my emigrasiepunte vir Kanada op. Gaan ek Thailand toe, swot ek niks vir my eksamen en druip, skiet ek myself in die voet t.o.v. Kanada.

Ek het skaars die besluit geneem of daar verskyn ‘n nuwe werksaanbod op die horison. Min of meer dieselfde as wat ek nou doen, vir meer betaling. Die hoof van die praktyk gaan hierdie week met verlof, en sal ‘n afspraak met my maak vir die eerste week van Desember. Die pos is vir Januarie.

Ek beplan om dan bietjie geld te spaar sodat ek en Andries volgende jaar die Camino de Santiago in Spanje kan gaan stap. Dit is lankal een van my drome, en lyk skielik of dit bewaarheid kan word. Ek is vrek opgewonde. Ons behoort so ses na agt weke daaraan te spandeer, waarna die wêreld my oester of pêrel of iets sal wees.

My spiritual teacher sê vir my sy het geweet ek sal nie nou al oorsee gaan nie, maar sy mag dit nie vir my gesê het nie… Don’t you just hate that?!

Ek het intussen weer die kwas opgeneem en met kunsklasse begin. Dis lekker om weer te verf.

Ek het ook gisteraand begin swot vir my eksamen. Ek is besig om my deel van die werk op te som vir volgende week se spanbyeenkoms. Daar is ‘n paar dames wat my gekontak het met die versoek dat ek hulle studiegroepie sal join. Ek was natuurlik meer as gewillig. Ek het kort naby ‘n angsaanval gedraai na ons eerste byeenkoms toe ek besef hoe baie werk en hoe min tyd ek het. Ek skryf einde Januarie, so julle kan net imagine wat se lekker Desember ek gaan deurbring.

Maar nou mag ek nie verder vertel nie…

6 Responses to “Ek bly net waar ek is (vir nou)…”


  1. 1 sonkind 20 November , 2007 at 19:55 nm

    Ek sal styf duim vashou vir die eksamen. En ek beny jou en Andries wat kan Spanje toe gaan – ek vrek oor Spanje en Italië!

  2. 2 orchidhunter 20 November , 2007 at 20:16 nm

    Klink vir my of jy oorgenoeg tyd het – dis immers meers as ‘n maand ver! Ek is bly jy het darem nou planne van een-of-ander aard, en nie net anxiety nie. En die Camino klink na ‘n uitstekende ding om na uit te sien. Dit sal jou groot beloning wees. Ek hou ook duimvas.

  3. 3 Lammervanger 27 November , 2007 at 5:04 vm

    Hoekom gaan woon jy nie sommer in Spanje nie?

  4. 5 sonkind 27 November , 2007 at 18:52 nm

    Ag nee, ek is regtig vandag agteros. Ek het jou ook ge-tag!

    Anja, dit lyk my great minds think alike!

  5. 6 Adam 3 December , 2007 at 12:49 nm

    Dankie vir al die bemoedigende woorde. Ek het die naweek ‘n maagseer ontwikkel oor die eksamen. Een van my grootste probleme in die lewe is om vasgeketting te wees in die uitkoms van gebeure. Ek werk daaraan.

    Oor Spanje, ek het dit nogal oorweeg om vir ‘n rukkie daar af te pak…


Leave a Reply