Gister was ‘n roaring sukses. Ek het pragtige geskenke gekry. Baie dankie. Ongelukkig was daar nie ‘n digitale kamera tussen-in nie, en sal julle maar tevrede moet wees met my selfoon se foto’s.
Ek het dit goed gedink om my en Andries se handewerk af te neem (met my selfoon). Die foto’s is maar swak, want dis geneem met my selfoon. Ek het nie ‘n digitale kamera nie, hoogstens ‘n selfoon. Die foto’s is onderbelig en uit fokus, want dis geneem met ‘n selfoon.
Kersfees is om die draai. Raai wat is bo-aan die lysie? Nie ‘n selfoon nie.
Ek het besluit om my hand te waag aan ‘n Swartwoudkoek. Dit was nogal ‘n sukses, en het groot aftrek gekry. As jul mooi vra sal ek die resep gee. Dit was nogal ‘n tydrowende proses. Hier is die resultaat:
Andries het sy jogurt tert gemaak. Dit is amper soos ‘n kaaskoek, maar word met jogurt en room gemaak. Dit smaak ongelooflik lekker, en is effens ligter as ‘n kaaskoek in tekstuur. Hier is sy poging (die stuff bo-op is pistasio neute en heuning):


Sjoe, soetgoed is my Achilles Hiel en kyk nou hier! Altwee daai lyk lip-aflek-lekker.
Geluk met jou verjaarsdag, oormore is dit my beurt
En mag Vader Xmas vir jou die digitale kamera in jou kerskous los!
O, jummie! Ek suig met koekbak - ek vroetel te veel. Maar ek behoort ‘n tert te kan vermag! Ek is bly jy het die dag geniet - wens ek kon nou dadelik ‘n stuk van daai swartwoudkoek net hier by die lab hê om te verorber. Mag al jou digitale drome waar word.
Og! Ek is nou so lus vir daai koek, ek klim sommer hier deur my rekenaarskerm. Hmmmmmmmmmmmmmmmmmmmm!
Weereens is ek spyt dat ek dit nie kon maak nie! Ek sal eendag my kamera vur jou bring dan kan jy bietjie na hom KYK!!!! he he ;-)skies, ek hoop jou kamera daag binnekort op jou deurmatjie op!
Sonskind - Dankie! En geniet jou dag vandag.
OH - As jy dalk eendag terugkom, mag ek dalk vir jou ene bak…
Idi - Dankie jong. Ons het gisteraand die laaste krummels verorber. Hy was regtig lekker.
Duskant - Mag ek net na hom kyk, of mag ek hom vashou ook?
Se vir Andries ek wil ook jogurt tert he wanneer ek verjaar.