Anja het my eerste getag, en Sonkind tweede.
Ek het al soveel van hierdie tipe goeters gedoen dat ek mooi sal moet dink om myself nie te herhaal nie. Hier is dit:
- Ek en my geliefde het mekaar 3 maande geken voor ons begin uitgaan het. Ek het my hart verloor een aand met ‘n bak sop in my een hand en ‘n glasie sjerrie in die ander, rondom ‘n game van Thirty Seconds. Ons het mekaar eers drie maande daarna vir die eerste keer kaal gesien. (Ek hou daarvan om stereotipes te challenge. Hierdie een val onder die “gay = promisku” kategorie). Ons is hierdie maand 5 en ‘n half jaar saam.
- Ek beskou myself huidiglik as ‘n New-Age-Buddhis-wat-van-Christus-hou (maar-nie-van-sy-volgelinge-nie). Ek werk aan ‘n korter beskrywing. Ek hou nie van georganiseerde religion nie. Ek het in ‘n Hervormde huis grootgeword. Nog erger, ek het die eerste vyf jaar van my lewe in ‘n Hervormde pastorie deurgebring. My oupa het omtrent helfte van vandag se Hervormde predikante (waarvan meeste al afgetree is - my oupa is 94) onderrig in die gelowe van die wêreld.
- Daar word gereeld vir my gesê ek het ‘n sagte stem, en ‘n goeie telefoon persoonlikheid.
- Daar word gereeld vir my gesê hoe baie ek na my pa lyk, en hoe baie ek mense aan hom herinner. Blykbaar is ons mannerismes ook dieselfde. Anderdag het ‘n tannie vir my gesê ek lag soos hy. Dis vir my vreemd, aangesien ek hom glad nie kan onthou nie.
- Hierdie is my lewensnommer volgens numerologie.
- Ek het op ‘n stadium 5 piercings gehad. Toe net een. Toe niks. Toe weer twee. Toe vir ‘n paar uur drie. Toe weer twee. En nou weer niks. Ek het die meeste van die een in my wenkbrou gehou.
- My familie noem my AJ. My vriende noem my Adam. Ek het in standerd 2 besluit dat ek verder as Adam bekend gaan staan. Die familie kon in die laaste 20 jaar nog nie daarby aanpas nie.
- Ek korrigeer mense se taalgebruik terwyl hulle praat.
Ek hoop julle het dit baie insiggewend gevind.
Die persoon wat eerste vir my die aanvaarbaarste Afrikaanse woord kan gee wen ‘n soen en ‘n druk.










Nuwe Kommentaar