Die ongelooflike ervaring van die soeke na die self…

Ek is tans besig met ‘n taak oor eksistensiële psigoterapie (my laaste vir die jaar - en reeds drie weke laat). Ek laaik hierdie ouens. Hulle dink soos ek.

In sy boek, Man’s search for meaning, haal Victor Frankl vir Nietzsche aan:

“He who has a why to live for can bear with almost any how.”

Die konsepte en lesse waarvan die manne praat in my handboek het geweldig baie in gemeen met die plek waar ek myself vind. Hulle praat van die bewustheid van die self, van vryheid en verantwoordelikheid wat hand aan hand gaan, van die strewe na ‘n eie identiteit en terselfdertyd ons verhouding teenoor ander mense (die waagmoed om te wees, die ervaring van alleenheid, en die ervaring van behorenheid, asook die struggle met ons identiteit). Hulle praat van die soeke na betekenis, waarin ons noodgedwonge sommige van ons ou waardes moet afsterf. Hulle noem ons verhouding met betekenisloosheid, en die ervaring waar ons nuwe betekenis skep nadat ons vrede gemaak het met die situasie van betekenisloosheid. Dat angs een van ons grootste dryfvere in die lewe kan wees, as ons maar net die lewenskrag daaragter kan insien. Dat groei plaasvind wanneer ons hierdie angs trotseer. En laastens, die bewustheid van dood en nie-bestaan, en dat ons ‘n voller lewe sal lei as ons ons sterflikheid in ons bestaan inkorporeer.

Ek dink hulle is nogal amazing, die eksistensialiste.

Hulle is nie almal manne nie. Emmy van Deurzen-Smith was/is ‘n baie oulike vrou wat die volgende ongelooflike woorde kwytgeraak het:

Embarking on our existential journey requires us to be prepared to be touched and shaken by what we find on the way and to not be afraid to discover our own limitations and weaknesses, uncertainties and doubts. It is only with such an attitude of openness and wonder that we can encounter the impenetrable everyday mysteries, which take us beyond our own preoccupations and sorrows and which by confronting us with death, make us rediscover life. *

* Die kwotasie kom uit haar boek “Everyday Mysteries: Existential dimensions of psychotherapy” gepubliseer in 1997.

5 Responses to “Die ongelooflike ervaring van die soeke na die self…”


  1. 1 orchidhunter 9 October , 2007 at 4:16 am

    As angs ‘n dryfveer in die lewe is, behoort ek een van die mees ambisieuse mense te wees! Wow, hierdie was nogal swaar leeswerk. Dink ek is te vlak in die kop vir hierdie diep, diep dinge. Maar dit maak sin, soort van. Sterkte vir daardie laaste pylvak!

  2. 2 afrikaansinskotland 9 October , 2007 at 16:07 pm

    Hoekom verwys jy na Emmy van DS as ‘n baie oulike vrou’ en nie na Victor Frankl as, bv, ‘n ‘baie oulike man’ nie? Dit klink patronising, en ek dink dit is.
    Dis goed dat jy vrouens in jou studie insluit, en ek hoop met my hele hart daar is meer vroulike eksistensialiste as net sy.

  3. 3 Adam 9 October , 2007 at 20:55 pm

    Aan almal:
    Victor Frankl was ‘n baie oulike man.
    Rollo May was ‘n baie oulike man.
    Emmy was/is ‘n slim vrou, met buitengewone idees. Ek hou van wat sy sê en daarom sê ek sy is oulik. Ekstra oulik omdat sy dit in mooi woorde kan sê.

    Aan AIS:
    Dis die eerste keer wat ek jou hier gewaar. Dis duidelik dat jy my nie ken nie. Lees eers my ander inskrywings. Lees selfs my vorige blog. Moenie so vinnig wees om mense te oordeel nie. Ek is nie die patronizing tipe nie.

  4. 4 George Maru 9 October , 2007 at 22:53 pm

    Rollo May! Hy was ‘n held. Ek keer steeds elke nou en dan terug na “My quest for beauty”. Net om weer te fokus.

  1. 1 Emmy van deurzen-Smith, ek dink jy’s oulik. « Die Blou Oog Trackback on 9 October , 2007 at 22:17 pm

Leave a Reply