Archive for Oktober, 2007

Woensdag…

Nou ja, daar het al weer baie see in die water geloop vandat ek laas met julle kom gesels het. Ek het besluit dat ek vir altyd sal wag om oorsee te gaan as ek moet wag vir die geld om dit te kan doen.

Terwyl ek geswot het (ek besef ek is nog besig om te swot – maar nie vir lank nie – so hear me out) het ek my huidige werk as ‘n job gesien. Iets wat geld inbring tot ek eendag my beplande loopbaan kan begin. Toe kry ek nie keuring nie. En toe besluit ek dat ek nie binnekort verder gaan swot nie. Skielik word my huidige job ‘dit wat ek vir ‘n lewe doen’.

Danksy Bordeaux se entoesiasme oor Thailand het ek met die idee in my agterkop begin speel. Op ‘n dag kry ek ‘n sms van my suster: “Stel jy nie dalk belang om te gaan Engels gee in Thailand nie?” Ek val amper van my sekretaresse stoel af, en sms haar dadelik terug: “Jaaa, hoe het jy geweet?”

So stuur ek toe ‘n week later my CV vir die kontak van my sussie, wat ‘n kontak is vir ‘n skool in Thailand. Die pos is vir Novembermaand. Ek lig die baas in dat ek moontlik op kort kennisgewing sal moet waai ens. ens. Ek is vrek opgewonde. My intuïsie sê vir my dis die regte ding om te doen.

Andries gaan sit toe so bietjie en dink oor die saak. Hy heroorweeg ons opsies vir Kanada, en besluit dit sal beter wees as ek eers Aprilmaand gaan, want dan stoot dit ons punte vir Kanada op (julle weet ons wil Kanada toe emigreer?). So pak ek die tas wat reeds in my kop ingepak is maar weer uit. Eers is ek ‘n bietjie afgehaal en my entoesiasme gedemp, maar ek aanvaar dit toe as beter so…

Intussen het ek nog niks gehoor van my sussie se kontak nie, en wonder in my agterkop of dit die gevolg van my non-commitment is, en dat die universe vir my wag om ‘n besluit te neem…

Verder besluit ek om my CV vir ons kontak in Kanada ook te stuur, sodat hy solank vir my werk daar kan begin soek.

Oor die naweek pak my nek weer op. Soos ek hier sit en skryf is ek vol spierverslappers en het ‘n TransAct oor my skof geplak.

Gister neem die baas my vir koffie en ‘n vergadering. Sy sê dat haar kop ook ongelukkig begin dink het vandat ek gesê het ek wil aan beweeg. Sy het oor haar opsies ook begin dink. Sy kan sien dat my energie vlakke laer is as gewoonlik, en dat ek bored is by die werk, en dat sy dink dit sal ‘n goeie ding wees as ek iets anders gaan doen. Iets meer uitdagend en stimulerend. Sy dink Thailand sal goed wees vir my en Andries, en ons moet dit sien as ‘n tipe proef-emigrasie, om te sien hoe en of ons sonder ons vriende en familie klaarkom. Slim vrou my baas. Verder sê sy vir my ek moet kyk na die simboliese betekenis van my nekspasma. Mens se nek is die verbintenis tussen jou kop en jou lyf, en as jy daar moeilikheid optel moet jy jouself afvra hoekom is daar fout met die konneksie. Sy luister my uit en sê toe sy dink dis omdat dit wat my kop en hart vir my sê teenstrydig is met mekaar… Soos ek sê, slim vrou my baas.

So, nou’t ek gedink ek moet dalk tot die einde van die jaar werk, en dan my fortuin (of dan stimulasie) elders gaan soek. Net om seker te maak dat ons Kanada kanse nie in die wiele gery word nie, sal ons eers die TOEFL eksamen gaan doen, want dit kan ook ons Kanada punte beïnvloed. As ons goed doen in die TOEFL, beteken dit ons kan maar Thailand toe gaan. As ons minder goed doen, beteken dit ons moet wag tot April.

Ons het darem intussen aansoek gedoen vir ons paspoorte, en ek het ‘n tydelike ene ook gekry vir ingeval ek skielik moet gaan. Ek het ‘n transkripsie van my graad gekry, en my sertifikaat laat vertaal.

Om ons kanse vir werk in Thailand te verhoog, sal ons albei die TEFL kursus ook moet doen. As ek eers in of na Desember oorgaan is daar darem genoeg tyd om dit ook af te handel.

Nou ja, in ‘n neutedop waar ek deesdae staan…

Emmy van Deurzen-Smith, ek dink nogsteeds jy’s oulik.

Hierdie post word opgedra aan Afrikaansinskotland (of soos ek speels na haar verwys as AIS), na aanleiding van ‘n opmerking wat sy op ‘n vorige post gemaak het:

Ek kry die volgende inligting oor Emmy van Deurzen op Wikipedia:

Deurzen has been instrumental in establishing the existential approach in the United Kingdom in the nineteen eighties and nineties, through her publications, through the creation of the Society for Existential Analysis (SEA) in 1988 and the creation of the International Collaborative of Existential Counsellors and Psychotherapists (ICECAP) in 2006. She has also secured the training of hundreds of existential therapists in the UK by founding the School of Psychotherapy and Counselling at Regent’s College along existential principles and by setting up the New School of Psychotherapy and Counselling specifically for the purpose of existential training.

She further encouraged the recognition of the approach in the UK when she was chair of the United Kingdom Council for Psychotherapy 1993-1995 and at a European level when she was co-Chair of the training standards committee of the European Association for Psychotherapy.

Ek hoop dit stil jou feministiese streep vir nou, AIS.

Die ongelooflike ervaring van die soeke na die self…

Ek is tans besig met ‘n taak oor eksistensiële psigoterapie (my laaste vir die jaar – en reeds drie weke laat). Ek laaik hierdie ouens. Hulle dink soos ek.

In sy boek, Man’s search for meaning, haal Victor Frankl vir Nietzsche aan:

“He who has a why to live for can bear with almost any how.”

Die konsepte en lesse waarvan die manne praat in my handboek het geweldig baie in gemeen met die plek waar ek myself vind. Hulle praat van die bewustheid van die self, van vryheid en verantwoordelikheid wat hand aan hand gaan, van die strewe na ‘n eie identiteit en terselfdertyd ons verhouding teenoor ander mense (die waagmoed om te wees, die ervaring van alleenheid, en die ervaring van behorenheid, asook die struggle met ons identiteit). Hulle praat van die soeke na betekenis, waarin ons noodgedwonge sommige van ons ou waardes moet afsterf. Hulle noem ons verhouding met betekenisloosheid, en die ervaring waar ons nuwe betekenis skep nadat ons vrede gemaak het met die situasie van betekenisloosheid. Dat angs een van ons grootste dryfvere in die lewe kan wees, as ons maar net die lewenskrag daaragter kan insien. Dat groei plaasvind wanneer ons hierdie angs trotseer. En laastens, die bewustheid van dood en nie-bestaan, en dat ons ‘n voller lewe sal lei as ons ons sterflikheid in ons bestaan inkorporeer.

Ek dink hulle is nogal amazing, die eksistensialiste.

Hulle is nie almal manne nie. Emmy van Deurzen-Smith was/is ‘n baie oulike vrou wat die volgende ongelooflike woorde kwytgeraak het:

Embarking on our existential journey requires us to be prepared to be touched and shaken by what we find on the way and to not be afraid to discover our own limitations and weaknesses, uncertainties and doubts. It is only with such an attitude of openness and wonder that we can encounter the impenetrable everyday mysteries, which take us beyond our own preoccupations and sorrows and which by confronting us with death, make us rediscover life. *

* Die kwotasie kom uit haar boek “Everyday Mysteries: Existential dimensions of psychotherapy” gepubliseer in 1997.

Daar word ek waragtag toe weer getag…

EOH was so gaaf om aan my te dink in die nuutste blogosfeer tagging game.

Die reels:

  1. Post these rules before you give your facts.
  2. List 8 random facts about yourself.
  3. At the end of your post, choose (tag) 8 people and list their names, linking to them.
  4. Leave a comment on their blog, letting them know they’ve been tagged.

My randomness:

  1. Ek is ‘n kat mens.
  2. Ek en Duskant was saam op skool. (Hy is relatief nuut tussen ons ouer bloggers, so ondersteun hom bietjie.)
  3. Ek het in Graad 2 ‘n breikompetisie gewen.
  4. Ek het onlangs ingeskryf op The Art of Knitting – tot my ma se groot bron van humor. Ek het die naweek my eerste werk klaargemaak. Dit lyk so:Mussie #1
  5. Ek is op die punt om my werk te bedank en in Thailand te gaan skoolhou. Daar is net nog enkele logistieke kwessies wat hulself moet uitstryk.
  6. Ek swot nog ewe getrou aan my BA Honneurs in Sielkunde, maar beplan nie meer om ‘n sielkundige te word nie. For now.
  7. Sewe is my gunsteling nommer.
  8. Ek skryf nie meer gedigte nie. Ek wens ek het nog. Ek weet ek kan nog.

Nou ja. Daar het julle dit. Ek is nie juis lus om iemand te tag nie, maar ek sal maar: Lize van Lize Living, B van Marita Says, N van duskant sutherland, etc. etc.